Vanjaar word Aarde-uur op 23 Maart 2024 vanaf 20:30 tot 21:30 gevier.

Dit is in 2007 deur die WWF (Word Wildlife Fund) geïnisieer en word op die laaste Saterdag in Maart gevier. Vanjaar vind dit egter ‘n week vroeër plaas omdat 30 Maart in Paasnaweek val. Ons vier dit deur vir ‘n uur lank, van 20:30 tot 21:30, in die donker te wees. Die doel daarvan is om mense bewus te maak van die agteruitgang van ons planeet.

Dit is vanjaar 15 jaar later en met 190 lande in die wêreld wat reeds deel is van hierdie beweging, is ons planeet in ‘n groter krisis as ooit. So, iets drasties moet gedoen word.

In 2023 het die WWF hul hele konsep herdink, en met die nuwe visie: Biggest hour for Earth begin. Met Aarde-uur word alle lande opgeroep om, buiten die uur wat ons ligte afskakel (so doen dit asseblief steeds as jy kan), 60 minute daaraan te wy om enigiets positiefs vir ons planeet te doen. Die beste manier om dit te doen, is om iets wat jy op ‘n sekere manier doen, aan te pas sodat dit ‘n positiewe uitwerking op die natuur het.

 

Voorstelle:
Hou jy van kook? Ons voedselvoorsiening in die wêreld, is verantwoordelik vir ‘n derde van die vrystelling van kweekhuisgasse in die atmosfeer. So, verander gerus jou manier van kook deur bestanddele te gebruik wat nie die aarde so negatief beïnvloed nie. Vleisproduksie is ‘n groot sondebok, so sny dit uit en kook binne 60 minute iets lekkers.

Is jy dalk verslaaf aan jou foon en tablet? Deur “dark” of “eco mode” op jou foon by verstellings te verander, spaar jy krag wat jy nie geweet het jy gebruik nie.

Is jy baie lief vir koffie of tee of sjokolade? Maak seker dat wat jy koop, die Fairtrade-merk op die produk het. Die landbouers wat hiedie produkte verbou, voldoen aan die standaarde vir volhoubare verbouing. Dit verseker ook dat die verbouers nie deur die groot winkels uitgebuit word nie en regverdig vergoed word.

Vir nog voorstelle, gaan kyk hier.